Kom sit hier langs my
By Gretha Cronje
Kom sit hier langs my en luister
Ek wil nie praat nie
Ek wil net wees
en luister na die natuur.

Hoor jy die gebrom van die brommer,
die kraai se geroep.
Luister vir die geplons van die eend in die dam,
die drip van die water op die klippe.

As jy nie praat nie
sal jy die fluister van die blare hoor
die seil van die slang
die geritsel van die koggelmander.

Kom sit hier langs my
kom luister na die wees van die natuur
kom wees deel van die natuur en
besef dat in die luister is die wees.

– Gretha Cronje

Pin It on Pinterest

Share This